Kokerjuffer

Kokerjuffer
Lepidostoma hirtum
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Trichoptera

Kirby, 1813
Subordes

Die benaming kokerjuffer het eintlik betrekking op die larwestadium van insekte van die orde Trichoptera omdat die larwe 'n koker van takkies of ander materiaal om hom bou. Die insek staan egter ook bekend as skiet- of watermotte. Die verskillende spesies kan dikwels herken word aan die materiaal wat hulle gebruik om die kokers te bou asook die bouwyse.

Kokerjuffer as 'n mot

Die larwes woon hoofsaaklik in die water en is 'n goeie voedingsbron vir visse. Die volwasse insekte, wat soos vlinders lyk, woon nie in die water nie. Volwasse kokerjuffers (ook skiet- of watermotte) van die orde Trichoptera lyk baie soos vlinders (orde Lepidoptera) en is inderdaad ook naverwant aan die orde. Die mening dat kokerjuffers meer verwantskap met Netvlerkiges (orde Neuroptera) sou vertoon, is weerlê deur navorsing wat op fossielspesies gedoen is. Daar is ongeveer 6 000 spesies wat in 30 families gegroepeer word.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy